Dis dalk te danke aan 'n taalbeleid wat Engels as amptelike taal voorskryf; of dalk te danke aan die feit dat een van die swart groepslede so pas ontdek het dat hy en een van die wit groepslede "home boys" is, en albei Afrikaanssprekend grootgeword het; of dalk was dit bloot 'n drang om 'n ander stem te lig... maar die klanke van Die Taal buite die Senaatkamer het baie laat opkyk in verrassing.
Afrikaans as taal van verset? Dis wel geskiedkundig so, en nie slegs onder wit Afrikaners nie, al word Afrikaans deesdae meer as taal van onderdrukking gekarikateur. Maar die gebruik van Afrikaans - sowel as ander inheemse tale en selfs die tale van ons buurstate - word alhoemeer as tale van verset in die gange en parkeerterreine van die Universiteit gebruik.
Tony het nou die dag verwys na 'n Swahili blog. Dalk verskyn daar nog in ons leeftyd blogs op hierdie Kampus in ons eie tale van verset, deur- en vir ons "andertaalsprekendes" geskryf....